Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 3:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die jongman Sh’mu’el het יהוה gedien voor `Eli en die boodskap van יהוה was skaars in daardie dae; visioene was daar nie dikwels nie.

2. Dit het gebeur in dié tyd terwyl `Eli op sy plek lê (sy oë het begin swak word, hy kon nie goed sien nie)

3. en die lamp van God nog nie doodgegaan het nie en Sh’mu’el gelê het in die tempel van יהוה, waar die ark van God was

4. dat יהוה na Sh’mu’el geroep het en hy sê: “Hier is ek.”

5. Toe hardloop hy na `Eli en sê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie; gaan lê weer.” Hy het toe geloop en gaan lê.

6. יהוה het weer geroep: “Sh’mu’el!” Sh’mu’el het opgestaan en na `Eli gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep,” maar hy antwoord: “Ek het nie geroep nie, my seun, gaan lê weer.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 3