Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 28:7-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe sê Sha’ul vir sy diensknegte: “Soek vir my ’n vrou wat ’n medium is dat ek na haar toe kan gaan en haar raadpleeg.” Sy dienaars sê vir hom: “Let op, daar is ’n vrou wat ’n medium is in `Ein-Dor.”

8. Toe het Sha’ul hom vermom deur ander klere aan te trek en gegaan, hy en twee manne saam met hom en in die nag by die vrou aangekom en hy het gesê: “Roep asseblief vir my op en laat vir my opkom die een wat ek vir jou sal noem.”

9. Die vrou sê egter vir hom: “Let op, jy weet wat Sha’ul gedoen het; hoe hy die mediums en waarsêers uitgesny het uit die land uit. Waarom stel jy dan ’n val vir my lewe om my dood te maak?”

10. Sha’ul het vir haar by יהוה gesweer en gesê: “So waar as יהוה leef, geen straf sal oor jou kom hiervoor nie!”

11. Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou laat opkom?” Hy het gesê: “Laat Sh’mu’el vir my opkom.”

12. Toe die vrou Sh’mu’el sien, skreeu sy hardop en die vrou het met Sha’ul gepraat en gesê: “Waarom het u my bedrieg? Want u is Sha’ul.”

13. Die koning antwoord haar: “Moenie bang wees nie, maar wat sien jy?” Die vrou sê vir Sha’ul: “Ek sien ’n goddelike wese uit die aarde opkom.”

14. Hy vra haar toe: “Hoe is sy voorkoms?” Sy antwoord: “’n Ou man kom op met ’n mantel om.” Sha’ul het geweet dat dit Sh’mu’el was en hy buig met sy gesig na die grond toe en betoon respek.

15. Toe sê Sh’mu’el vir Sha’ul: “Waarom steur jy my deur my te laat opkom?” Sha’ul antwoord: “Ek is baie benoud, want die F’lishtyne voer oorlog teen my en God het van my af weggegaan en antwoord my nie meer nie, nie deur profete nie en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om aan my bekend te maak wat ek moet doen.”

16. Sh’mu’el het gesê: “Waarom vra jy my dan, aangesien יהוה van jou af weggegaan het en jou Teëstander geword het?

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 28