Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 28:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou, dit het gebeur in daardie dae dat die F’lishtyne hulle gewapende leërs bymekaargemaak het vir oorlog, om teen Yisra’el te veg en Akhish het vir Dawid gesê: “Weet verseker dat jy saam met my sal uitgaan in die kamp, jy en jou manne.”

2. Dawid sê vir Akhish: “Goed, u sal weet wat u dienskneg kan doen.” Akhish sê vir Dawid: “Goed, ek sal jou lewenslank my lyfwag maak.”

3. Sh’mu’el was dood en die hele Yisra’el het oor hom gerou en hom begrawe in Ramah, sy eie stad. Sha’ul het die mediums en die waarsêers uit die land verwyder.

4. Die F’lishtyne het bymekaargekom en gekom en gekamp in Shunem. Sha’ul het die hele Yisra’el bymekaargemaak en hulle het in Gilboa gekamp.

5. Toe Sha’ul die kamp van die F’lishtyne sien, het hy bang geword en sy binneste het baie gebewe.

6. Toe Sha’ul יהוה geraadpleeg het, het יהוה hom nie geantwoord nie, nie deur drome nie, ook nie deur die Urim nie en ook nie deur die profete nie.

7. Toe sê Sha’ul vir sy diensknegte: “Soek vir my ’n vrou wat ’n medium is dat ek na haar toe kan gaan en haar raadpleeg.” Sy dienaars sê vir hom: “Let op, daar is ’n vrou wat ’n medium is in `Ein-Dor.”

8. Toe het Sha’ul hom vermom deur ander klere aan te trek en gegaan, hy en twee manne saam met hom en in die nag by die vrou aangekom en hy het gesê: “Roep asseblief vir my op en laat vir my opkom die een wat ek vir jou sal noem.”

9. Die vrou sê egter vir hom: “Let op, jy weet wat Sha’ul gedoen het; hoe hy die mediums en waarsêers uitgesny het uit die land uit. Waarom stel jy dan ’n val vir my lewe om my dood te maak?”

10. Sha’ul het vir haar by יהוה gesweer en gesê: “So waar as יהוה leef, geen straf sal oor jou kom hiervoor nie!”

11. Toe vra die vrou: “Wie moet ek vir jou laat opkom?” Hy het gesê: “Laat Sh’mu’el vir my opkom.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 28