Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 24:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Daarna staan Dawid op en gaan uit die grot uit en roep agter Sha’ul aan en sê: “My meester, die koning!” Toe Sha’ul agter hom kyk, buig Dawid met sy gesig na die grond toe en val neer.

9. Dawid sê vir Sha’ul: “Waarom luister u na die woorde van mense wat sê: ‘Let op, Dawid soek om u skade aan te doen?’

10. Let op, vandag het u gesien dat יהוה u vandag in die grot in my hand gegee het en sommige het gesê dat ek u moet doodmaak, maar ek het u jammer gekry en ek het gesê: ‘Ek sal nie my hand uitsteek teen my meester nie, want hy is die gesalfde van יהוה.’

11. Kyk nou, my vader! Inderdaad, sien die soomhoek van u kleed in my hand, want ek het die soomhoek van u kleed afgesny en u nie gedood nie. Weet en verstaan dat daar geen boosheid of rebellie in my hande is nie en ek het nie teen u gesondig nie alhoewel u op my lewe lê en wag om dit te vat.

12. Mag יהוה oordeel tussen u en my en mag יהוה my op u wreek, maar my hand sal nie teen u wees nie.

13. Soos die spreekwoord van die oumense sê: ‘Uit die wetteloosheid kom boosheid voort,’ maar my hand sal nie teen u wees nie.

14. Agter wie aan het die koning van Yisra’el uitgekom? Wie agtervolg u? ’n Dooie hond, ’n enkele vlooi!

15. יהוה sal daarom Regter wees en besluit tussen u en my. Mag Hy my saak sien en verdedig en my bevry uit u hand.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 24