Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 23:8-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Sha’ul het al die manne vir oorlog opgeroep om af te gaan na Ke’ilah om Dawid en sy manne te omsingel.

9. Dawid het geweet dat Sha’ul boosheid teen hom beraam, dus het hy vir Avyatar, die priester, gesê: “Bring die skouerkleed hier.”

10. Toe sê Dawid: “יהוה, God van Yisra’el, U dienskneg het verseker gehoor dat Sha’ul na Ke’ilah wil kom om die stad om my ontwil te vernietig.

11. Sal die manne van Ke’ilah my in sy hand oorgee? Sal Sha’ul afkom soos U kneg gehoor het? יהוה, God van Yisra’el, ek bid, vertel asseblief U dienskneg!” יהוה het geantwoord: “Hy sal afkom.”

12. Toe vra Dawid: “Sal die manne van Ke’ilah my en my manne in die hand van Sha’ul uitlewer?” יהוה antwoord: “Hulle sal jou uitlewer.”

13. Toe het Dawid en sy manne, omtrent ses honderd, opgestaan en vanaf Ke’ilah weggegaan en gegaan waar hulle ook al kon. Toe dit vir Sha’ul vertel is dat Dawid uit Ke’ilah ontsnap het, het hy die agtervolging gestop.

14. Dawid het in vestings in die wildernis gebly en in ’n berg in die wildernis van Zif vertoef. Sha’ul het hom elke dag gesoek, maar God het hom nie in sy hand oorgegee nie.

15. Dawid het bewus geword daarvan dat Sha’ul uitgekom het om sy lewe te soek terwyl Dawid in die wildernis van Zif, by Horesh, was.

16. Y’honatan, Sha’ul se seun, het opgestaan en na Dawid by Horesh gegaan en hom bemoedig in God.

17. So het hy vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want die hand van Sha’ul, my vader, sal jou nie vind nie en jy sal koning wees oor Yisra’el en ek sal onder jou wees en my vader, Sha’ul, weet dit ook.

18. Toe sluit hulle twee ’n verbond voor die Teenwoordigheid van יהוה en Dawid het in Horesh gebly terwyl Y’honatan na sy huis toe gegaan het.

19. Toe het daar Zifiete opgegaan na Sha’ul by Giv’ah en gesê: “Kruip Dawid nie by ons weg, by die vestings by Horesh, op die heuwel van Hakhilah, wat suid van die wildernis lê nie?

20. Nou dan, o koning, kom af om volgens al die begeerte van u verstand, wil en emosie te doen en ons deel sal wees om hom in die hand van die koning uit te lewer.”

21. Sha’ul het gesê: “Mag julle geseënd wees deur יהוה omdat julle vir my omgegee het.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 23