Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 19:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want hy het sy lewe in sy hand geneem en die F’lishtyne neergeslaan en יהוה het vir die hele Yisra’el ’n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en was verheug. Waarom sal u dan teen onskuldige bloed sondig deur Dawid sonder rede dood te maak?”

6. Sha’ul het na die stem van Y’honatan geluister en Sha’ul het ’n eed geneem: “Soos יהוה leef, hy sal nie gedood word nie!”

7. Toe het Y’honatan vir Dawid geroep en Y’honatan het al hierdie woorde vir hom vertel. Y’honatan het Dawid na Sha’ul gebring en hy was in sy teenwoordigheid soos vroeër.

8. Toe daar weer oorlog was, het Dawid uitgegaan en teen die F’lishtyne geveg en hulle verslaan met ’n groot slagting sodat hulle voor hom uit gevlug het.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 19