Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 18:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Toe word Sha’ul baie kwaad, want hierdie woord het hom ontevrede gemaak en hy sê: “Hulle het aan Dawid tienduisende toegeken, maar aan my het hulle duisende toegeken. Wat meer kan hy nou kry as net die koningskap!”

9. Sha’ul het van dié dag af aan met agterdog na Dawid gekyk.

10. Dit het gebeur op die volgende dag dat ’n bose gees vanaf voor יהוה kragtig op Sha’ul gekom het sodat hy in verrukking was binne-in die huis terwyl Dawid soos gewoonlik met sy hand die harp speel en Sha’ul het ’n spies in sy hand gehad.

11. Sha’ul het die spies gegooi, want hy het gedink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen!” Dawid het egter twee maal uit sy teenwoordigheid ontsnap.

12. Sha’ul was bang vir Dawid, want יהוה was by hom en het van Sha’ul af weggegaan.

13. Sha’ul het hom daarom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy bevelvoerder oor ’n duisend en hy het uitgegaan en ingekom voor die manne.Ps 1:3

14. Dawid was voorspoedig in al sy weë, want יהוה was by hom.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 18