Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 18:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Dawid het uitgegaan na waar ook al Sha’ul hom gestuur het en was voorspoedig en Sha’ul het hom oor die krygsmanne aangestel. Dit was goed in die oë van al die mense en ook in die oë van die diensknegte van Sha’ul.

6. Dit het gebeur toe hulle gekom het, toe Dawid teruggekeer het nadat hy die F’lishtyne doodgemaak het, dat die vroue uit al die stede van Yisra’el singend en dansend gekom het om koning Sha’ul met tamboeryne, vreugde en musiekinstrumente te ontmoet.

7. Die vroue het gesing terwyl hulle speel en gesê: “Sha’ul het sy duisende neergeslaan, maar Dawid sy tienduisende!”

8. Toe word Sha’ul baie kwaad, want hierdie woord het hom ontevrede gemaak en hy sê: “Hulle het aan Dawid tienduisende toegeken, maar aan my het hulle duisende toegeken. Wat meer kan hy nou kry as net die koningskap!”

9. Sha’ul het van dié dag af aan met agterdog na Dawid gekyk.

10. Dit het gebeur op die volgende dag dat ’n bose gees vanaf voor יהוה kragtig op Sha’ul gekom het sodat hy in verrukking was binne-in die huis terwyl Dawid soos gewoonlik met sy hand die harp speel en Sha’ul het ’n spies in sy hand gehad.

11. Sha’ul het die spies gegooi, want hy het gedink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen!” Dawid het egter twee maal uit sy teenwoordigheid ontsnap.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 18