Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 18:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur nadat hy met Sha’ul gepraat het dat Y’honatan se lewe verkleef geraak het aan Dawid se lewe en Y’honatan het hom liefgekry soos sy eie lewe.

2. Sha’ul het hom daardie dag gevat en hom nie na sy vader se huis laat terugkeer nie.

3. Toe sluit Y’honatan ’n verbond met Dawid omdat hy hom liefgehad het soos homself.

4. Y’honatan het sy mantel, wat hy aangehad het, uitgetrek en dit vir Dawid gegee, met sy pantser, insluitend sy swaard, sy boog en sy gordel.

5. Dawid het uitgegaan na waar ook al Sha’ul hom gestuur het en was voorspoedig en Sha’ul het hom oor die krygsmanne aangestel. Dit was goed in die oë van al die mense en ook in die oë van die diensknegte van Sha’ul.

6. Dit het gebeur toe hulle gekom het, toe Dawid teruggekeer het nadat hy die F’lishtyne doodgemaak het, dat die vroue uit al die stede van Yisra’el singend en dansend gekom het om koning Sha’ul met tamboeryne, vreugde en musiekinstrumente te ontmoet.

7. Die vroue het gesing terwyl hulle speel en gesê: “Sha’ul het sy duisende neergeslaan, maar Dawid sy tienduisende!”

8. Toe word Sha’ul baie kwaad, want hierdie woord het hom ontevrede gemaak en hy sê: “Hulle het aan Dawid tienduisende toegeken, maar aan my het hulle duisende toegeken. Wat meer kan hy nou kry as net die koningskap!”

9. Sha’ul het van dié dag af aan met agterdog na Dawid gekyk.

10. Dit het gebeur op die volgende dag dat ’n bose gees vanaf voor יהוה kragtig op Sha’ul gekom het sodat hy in verrukking was binne-in die huis terwyl Dawid soos gewoonlik met sy hand die harp speel en Sha’ul het ’n spies in sy hand gehad.

11. Sha’ul het die spies gegooi, want hy het gedink: “Ek sal Dawid teen die muur vaspen!” Dawid het egter twee maal uit sy teenwoordigheid ontsnap.

12. Sha’ul was bang vir Dawid, want יהוה was by hom en het van Sha’ul af weggegaan.

13. Sha’ul het hom daarom uit sy teenwoordigheid verwyder en hom aangestel as sy bevelvoerder oor ’n duisend en hy het uitgegaan en ingekom voor die manne.Ps 1:3

14. Dawid was voorspoedig in al sy weë, want יהוה was by hom.

15. Toe Sha’ul sien dat hy baie voorspoedig was, het hy hom gevrees,

16. maar die hele Yisra’el en Y’hudah het Dawid liefgehad en hy het voor hulle uitgegaan en ingekom.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 18