Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 16:5-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy sê: “In vrede! Ek het gekom om aan יהוה te offer. Sonder julle af en kom saam met my na die offers.” Hy het ook vir Yishai en sy seuns afgesonder en hulle na die offers genooi.

6. Toe hulle inkom, kyk hy na Eli’av en dink: “Sekerlik is יהוה se gesalfde voor Hom!”

7. יהוה sê egter vir Sh’mu’el: “Moenie na sy voorkoms of sy lang gestalte kyk nie, want Ek het hom verwerp, want God kyk nie soos wat die mens sien nie, want die mens kyk na die uiterlike voorkoms, maar יהוה kyk na die verstand, wil en emosie.”

8. Toe roep Yishai vir Avinadav en laat hom voor Sh’mu’el verbygaan en hy sê: “יהוה het hierdie een ook nie gekies nie.”

9. Volgende laat Yishai vir Shammah verbygaan en hy sê: “יהוה het ook nie hierdie een gekies nie.”

10. So het Yishai sewe van sy seuns voor Sh’mu’el laat verbygaan, maar Sh’mu’el het vir Yishai gesê: “יהוה het hierdie nie gekies nie.”

11. Sh’mu’el het aan Yishai gevra: “Is hierdie al die seuns?” Hy antwoord: “Die kleinste bly nog oor en let op, hy pas die skape op.” Toe sê Sh’mu’el vir Yishai: “Stuur en bring hom, want ons sal nie sit voordat hy hier kom nie.”

12. Hy het gestuur en hom laat inkom. Nou, hy was rooierig, met mooi oë en ’n aantreklike voorkoms en יהוה sê: “Staan op, salf hom, want dit is hy.”

13. Toe vat Sh’mu’el die horing met olie en salf hom tussen sy broers en die Gees van יהוה het van dié dag af aan kragtig oor Dawid gekom. Sh’mu’el het opgestaan en na Ramah gegaan.

14. Die Gees van יהוה het weggegaan van Sha’ul af en ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה het hom geterroriseer.

15. Sha’ul se diensknegte sê toe vir hom: “Let nou op, ’n bose gees vanaf die Teenwoordigheid van יהוה terroriseer u.

16. Laat ons meester nou u diensknegte wat voor u staan beveel en laat hulle ’n man soek wat ’n bekwame speler op die harp is en dit sal gebeur as die bose gees vanaf voor יהוה op u is, dat hy moet speel met sy hand en u sal beter wees.”

17. Sha’ul sê toe vir sy diensknegte: “Voorsien nou vir my ’n man wat goed kan speel en bring hom na my toe.”

18. Toe sê een van die diensknegte: “Let op, ek het ’n seun van Yishai, die Beit-Legemiet, gesien wat ’n bekwame musikant is, ’n magtige, dapper man, ’n krygsman, wys in spraak, ’n aantreklike man en יהוה is by hom.”

19. Sha’ul het boodskappers na Yishai gestuur en gesê: “Stuur vir my jou seun Dawid wat by die skape is.”

20. Yishai vat toe ’n donkie, brood, ’n kruik met wyn en ’n jong bok en stuur dit vir Sha’ul deur Dawid, sy seun.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 16