Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 14:46-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

46. Toe het Sha’ul opgehou om die F’lishtyne te agtervolg en die F’lishtyne het na hulle eie plek gegaan.

47. Sha’ul het die koningskap oor Yisra’el gevat en het oorlog gevoer teen al sy vyande aan elke kant: teen Mo’av, die kinders van `Ammon, Edom, die konings van Tzovah en die F’lishtyne en waarheen hy ook al gedraai het, het hy straf uitgedeel.

48. Hy het dapper opgetree en die `Amalekiete verslaan en Yisra’el bevry uit die hande van die wat hulle geplunder het.

49. Die seuns van Sha’ul was Y’honatan, Yishvi en Malkishua en die name van sy twee dogters: die naam van die oudste dogter was Merav en die naam van die jongste Mikhal.

50. Die naam van Sha’ul se vrou was Agino’am, die dogter van Agima’atz en die naam van die bevelvoerder van sy leër was Avner, die seun van Ner, die oom van Sha’ul.

51. Kish, die vader van Sha’ul en Ner, die vader van Avner, was die seuns van Avi’el.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 14