Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 12:12-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Toe julle sien dat Nagash, die koning van die seuns van `Ammon, teen julle aankom, het julle vir my gesê: ‘Nee, maar ’n koning moet oor ons regeer’ terwyl יהוה, julle God, jul Koning was;

13. daarom, hier is nou die koning wat julle gekies het, waarvoor julle gevra het en let op, יהוה het ’n koning oor julle aangestel.

14. As julle יהוה respekvol sal vrees, Hom dien, na Sy stem luister en nie rebelleer teen die bevel van יהוה nie, dan sal beide julle, sowel as die koning wat oor julle regeer, יהוה, julle God, aanhou volg!

15. As julle nie na die stem van יהוה sal luister nie, maar rebelleer teen die bevel van יהוה, dan sal die hand van יהוה teen julle wees, soos teen julle vaders.

16. Selfs nou, staan en kyk na hierdie groot ding wat יהוה voor julle oë sal doen.

17. Is dit nie vandag koring oestyd nie? Ek sal יהוה aanroep dat Hy donderslae en reën gee, dan sal julle weet en sien dat julle boosheid groot is wat julle in die oë van יהוה gedoen het deur ’n koning vir julleself te vra.”

18. Sh’mu’el het uitgeroep na יהוה en יהוה het donderslae en reën op dié dag gegee en al die mense was baie bang vir יהוה en vir Sh’mu’el.

19. Toe het al die mense vir Sh’mu’el gesê: “Bid tot יהוה, u God, vir u diensknegte sodat ons nie sterf nie omdat ons by al ons sondes nog boosheid bygevoeg het deur ’n koning vir onsself te vra.”

20. Sh’mu’el het vir die mense gesê: “Moenie bang wees nie. Julle het al hierdie boosheid gedoen, maar tog moet julle nie van יהוה af wegdraai nie, maar dien יהוה met al julle verstand, wil en emosie.

21. Julle mag nie afdraai nie, want dan gaan julle agter waardelose dinge aan wat nie voordelig is of bevry nie omdat hulle nutteloos is,Ps 94:14; Rom 11:2

22. want יהוה sal Sy mense, ter wille van Sy groot Naam, nie in die steek laat nie omdat dit יהוה behaag het om van julle vir Hom ’n volk te maak.

23. Meer nog, wat my betref, dit is ver van my dat ek teen יהוה sal sondig deur op te hou om vir julle te bid, maar ek sal julle in die goeie en regte pad leer.

24. Vrees יהוה alleen en dien Hom in waarheid met julle hele verstand, wil en emosie, want dink aan watter groot dinge Hy vir julle gedoen het,

25. maar as julle steeds boosheid doen, sal beide julle en julle koning weggevee word.”

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 12