Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 12:10-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle het uitgeroep tot יהוה en gesê: ‘Ons het gesondig, want ons het יהוה verlaat en die Ba’als en `Ashtarot gedien, maar bevry ons nou uit die hand van ons vyande en ons sal U dien.’Rig 4:6; Rig 6:14; Rig 10:3; Rig 11:1; Rig 11:15

11. Toe het יהוה vir Yeruba’al, B’dan, Yiftag en Shimshon gestuur en julle uit die hand van jul vyande reg rondom bevry sodat julle veilig gebly het.

12. Toe julle sien dat Nagash, die koning van die seuns van `Ammon, teen julle aankom, het julle vir my gesê: ‘Nee, maar ’n koning moet oor ons regeer’ terwyl יהוה, julle God, jul Koning was;

13. daarom, hier is nou die koning wat julle gekies het, waarvoor julle gevra het en let op, יהוה het ’n koning oor julle aangestel.

14. As julle יהוה respekvol sal vrees, Hom dien, na Sy stem luister en nie rebelleer teen die bevel van יהוה nie, dan sal beide julle, sowel as die koning wat oor julle regeer, יהוה, julle God, aanhou volg!

15. As julle nie na die stem van יהוה sal luister nie, maar rebelleer teen die bevel van יהוה, dan sal die hand van יהוה teen julle wees, soos teen julle vaders.

16. Selfs nou, staan en kyk na hierdie groot ding wat יהוה voor julle oë sal doen.

17. Is dit nie vandag koring oestyd nie? Ek sal יהוה aanroep dat Hy donderslae en reën gee, dan sal julle weet en sien dat julle boosheid groot is wat julle in die oë van יהוה gedoen het deur ’n koning vir julleself te vra.”

18. Sh’mu’el het uitgeroep na יהוה en יהוה het donderslae en reën op dié dag gegee en al die mense was baie bang vir יהוה en vir Sh’mu’el.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 12