Ou Testament

Nuwe Testament

1 Sh'mu'el 12:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe sê Sh’mu’el vir die hele Yisra’el: “Let op, ek het na julle stem geluister in alles wat julle vir my gesê het en ’n koning oor julle aangestel.

2. Nou, hier is die koning wat voor julle loop, maar ek is oud en grys en let op, my seuns is hier by julle en ek het voor julle geloop van my jeug af tot vandag toe.

3. Hier is ek; bring getuienis teen my voor יהוה en Sy gesalfde. Wie se bees het ek gevat, of wie se donkie het ek gevat, of vir wie het ek bedrieg? Wie het ek onderdruk of van wie se hand het ek omkoopgeld gevat om my oë daarmee toe te maak? Ek sal dit vir julle teruggee.”

4. Hulle antwoord: “U het ons nie bedrieg of ons onderdruk, of enige iets uit iemand se hand gevat nie.”

5. Hy sê vir hulle: “יהוה is getuie teen julle en Sy gesalfde is vandag getuie dat julle niks in my hand gekry het nie.” Hulle antwoord: “Hy is getuie.”

6. Toe het Sh’mu’el aan die mense gesê: “Dit is יהוה wat Moshe en Aharon aangestel en julle vaders uit die land van Mitzrayim gebring het.

7. Nou, staan jou man dat ek saam met julle voor die Teenwoordigheid van יהוה pleit aangaande al die regverdige dade van יהוה wat Hy vir julle en julle vaders gedoen het.

8. Toe Ya’akov in Mitzrayim ingegaan het en julle vaders uitgeroep het tot יהוה, het יהוה vir Moshe en Aharon gestuur, wat julle vaders uit Mitzrayim uitgebring en hulle op hierdie plek gevestig het.

9. Hulle het יהוה, hul God, egter vergeet. Hy het hulle verkoop in die hand van Sisra, bevelvoerder van die leër van Hatzor en in die hand van die F’lishtyne en in die hand van die koning van Mo’av en hulle het teen hul geveg.

Lees volledige hoofstuk 1 Sh'mu'el 12