Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:22-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Efrayim, hulle vader, het baie dae lank gerou en sy broers het gekom om hom te troos.

23. Hy het by sy vrou ingegaan, sy is bevrug en het geboorte gegee aan ’n seun en sy het hom B’ri’ah genoem, want iets sleg het in sy huis gebeur

24. en haar dogter het uit Onder- en Bo-Beit-Horon ontsnap.

25. Almal wat ontsnap het, is deur haar dogter genees, want sy was ’n vroue dokter en sy het die siekes gesond gemaak.

26. Sy het ook vir Edan, die seun van `Ammihud, genees,

27. van die seuns van Nun, die vader van Y’hoshua.

28. Hulle besitting en blyplekke was: Beit-El en sy dorpies; Shegem en sy dorpies en `Ayah met sy dorpies.

29. By die grense van die seuns van M’nasheh was dit Beit-Sh’an met sy dorpies, Ta’nakh met sy dorpies, Megiddo met sy dorpies en Dor met sy dorpies. In hierdie stede het die seuns van Yosef, die seun van Yisra’el, gebly.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7