Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:65-79 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

65. en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.

66. Hulle het ook nog ander stede en hulle dorpies uit die stam van Efrayim gehad.

67. Hulle het aan hulle uit die stede van ontvlugting gegee: Sh’khem met sy dorpies, in die Efrayimgebergte, Gezer met sy dorpies,

68. Beit-Horon met sy dorpies,

69. Ayalon met sy dorpies en Gat-Rimmon met sy dorpies.

70. Uit die halwe stam van M’nasheh: `Aner met sy dorpies, Bil’am met sy dorpies; vir die erfenis van die families van die seuns van K’hat.

71. Aan die seuns van Gershom is uit die halwe stam van M’nasheh gegee: Golan in Bashan met sy dorpies en `Ashtarot met sy dorpies;

72. uit die stam van Yissakhar: Kedesh met sy dorpies, Davrat met sy dorpies

73. en `Anem met sy dorpies;

74. uit die stam van Asher: Mashal met sy dorpies, `Avdon met sy dorpies,

75. Hukok met sy dorpies en Regov met sy dorpies;

76. uit die stam van Naftali: Kedesh in die Galil met sy dorpies, Hammon met sy dorpies en Kiryatayim met sy dorpies.

77. Aan die familie van M’rari wat uit die stam van Z’vulun geërf het, is gegee: Rimmono met sy dorpies, Tavor met sy dorpies

78. en oorkant die Yarden by Yerigo, aan die oostekant van die Yarden, is vir hulle gegee uit die stam van Re’uven: Betzer in die wildernis met sy dorpies, Yahatz met sy dorpies,

79. K’demot met sy dorpies en Mefa’at met sy dorpies;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6