Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:65-74 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

65. en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.

66. Hulle het ook nog ander stede en hulle dorpies uit die stam van Efrayim gehad.

67. Hulle het aan hulle uit die stede van ontvlugting gegee: Sh’khem met sy dorpies, in die Efrayimgebergte, Gezer met sy dorpies,

68. Beit-Horon met sy dorpies,

69. Ayalon met sy dorpies en Gat-Rimmon met sy dorpies.

70. Uit die halwe stam van M’nasheh: `Aner met sy dorpies, Bil’am met sy dorpies; vir die erfenis van die families van die seuns van K’hat.

71. Aan die seuns van Gershom is uit die halwe stam van M’nasheh gegee: Golan in Bashan met sy dorpies en `Ashtarot met sy dorpies;

72. uit die stam van Yissakhar: Kedesh met sy dorpies, Davrat met sy dorpies

73. en `Anem met sy dorpies;

74. uit die stam van Asher: Mashal met sy dorpies, `Avdon met sy dorpies,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6