Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:61-69 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

61. Aan die ander seuns van K’hat, wat geërf het uit die stam van M’nasheh, is tien stede gegee.

62. Aan die seuns van Gershom, volgens hulle families, uit die stamme van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van M’nasheh en uit die stam van Naftali in Bashan, is dertien stede gegee.

63. Aan die seuns van M’rari is volgens die lot, volgens hulle families, uit die stam van Re’uven, uit die stam van Gad en uit die stam van Z’vulun, twaalf stede gegee.

64. Die seuns van Yisra’el het aan die Leviete hierdie stede met hulle dorpies gegee

65. en hulle het deur die lot uit die stam van die seuns van Y’hudah en uit die stam van die seuns van Shim’on en uit die stam van die seuns van Binyamin hierdie stede gegee wat genoem is volgens die name van die families van die Kohatiete.

66. Hulle het ook nog ander stede en hulle dorpies uit die stam van Efrayim gehad.

67. Hulle het aan hulle uit die stede van ontvlugting gegee: Sh’khem met sy dorpies, in die Efrayimgebergte, Gezer met sy dorpies,

68. Beit-Horon met sy dorpies,

69. Ayalon met sy dorpies en Gat-Rimmon met sy dorpies.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6