Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:53-62 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

53. Tzadok sy seun, Agima’atz sy seun.

54. Hierdie was die stede wat toegewys was aan die families regdeur hulle grense: aan die seuns van Aharon, die familie van die K’hatiete, (want aan hulle was die eerste lot),

55. aan hulle is gegee: Hevron, in die land Y’hudah en sy gebied rondom,

56. maar al die saaigrond van die stad en sy dorpe rondom, het hulle vir Kalev, die seun van Y’funneh, gegee.

57. Aan die seuns van Aharon het hulle al die stede van ontvlugting gegee en aan die priesters: Hevron met sy dorpies, Livnah met sy dorpies, Yatir met sy dorpies, Esht’moa met sy dorpies,

58. Hilen met sy dorpies, D’vir met sy dorpies,

59. `Ashan met sy dorpies en Beit-Shemes met sy dorpies;

60. van die stam van Binyamin: Geba met sy dorpies, `Alemet met sy dorpies en `Anatot met sy dorpies. Al hulle stede in al hulle families, was dertien stede.

61. Aan die ander seuns van K’hat, wat geërf het uit die stam van M’nasheh, is tien stede gegee.

62. Aan die seuns van Gershom, volgens hulle families, uit die stamme van Yissakhar, uit die stam van Asher, uit die stam van M’nasheh en uit die stam van Naftali in Bashan, is dertien stede gegee.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6