Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:44-60 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. Hulle broers, die seuns van M’rari, het aan die linkerhand gestaan: Eitan, die seun van Kishi, die seun van `Avdi, die seun van Mallukh,

45. die seun van Hashavyah, die seun van Amatzyah, die seun van Hilkiyah,

46. die seun van Amtzi, die seun van Bani, die seun van Shemer,

47. die seun van Magli, die seun van Mushi, die seun van M’rari, die seun van Levi.

48. Hulle broers, die Leviete, is aangestel vir al die dienswerk by die tabernakel van die huis van God,

49. maar Aharon en sy seuns het op die brandofferaltaar en op die wierookaltaar geoffer en is aangestel vir al die werk in die Mees Afgesonderde Plek en om toedekking te doen vir Yisra’el, volgens alles wat Moshe, die dienskneg van God, beveel het.

50. Hierdie is die seuns van Aharon: El’azar was sy seun, Pingas sy seun, Avishua sy seun;

51. Bukki sy seun, `Uzi sy seun, Z’ragyah sy seun,

52. M’rayot sy seun, Amaryah sy seun, Agituv sy seun,

53. Tzadok sy seun, Agima’atz sy seun.

54. Hierdie was die stede wat toegewys was aan die families regdeur hulle grense: aan die seuns van Aharon, die familie van die K’hatiete, (want aan hulle was die eerste lot),

55. aan hulle is gegee: Hevron, in die land Y’hudah en sy gebied rondom,

56. maar al die saaigrond van die stad en sy dorpe rondom, het hulle vir Kalev, die seun van Y’funneh, gegee.

57. Aan die seuns van Aharon het hulle al die stede van ontvlugting gegee en aan die priesters: Hevron met sy dorpies, Livnah met sy dorpies, Yatir met sy dorpies, Esht’moa met sy dorpies,

58. Hilen met sy dorpies, D’vir met sy dorpies,

59. `Ashan met sy dorpies en Beit-Shemes met sy dorpies;

60. van die stam van Binyamin: Geba met sy dorpies, `Alemet met sy dorpies en `Anatot met sy dorpies. Al hulle stede in al hulle families, was dertien stede.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6