Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die seuns van Dawid wat vir hom in Hevron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Agino’am uit Yizre’el; die tweede Kalev, by Avigayil, uit Karmel;

2. die derde Avshalom, die seun van Ma’akhah, die dogter van Talmai, koning van G’shur; die vierde Adoniya, die seun van Haggit;

3. die vyfde Sh’fatyah, by Avital; die sesde Yitre’am, by sy vrou `Eglah.

4. Hierdie ses seuns is vir hom in Hevron gebore, waar hy vir sewe jaar en ses maande regeer het en in Yerushalayim het hy drie en dertig jaar lank regeer.

5. Hierdie is die name van die seuns wat vir hom in Yerushalayim gebore is: Shamua, Shovav, Natan, Shlomo,

6. Yivgar, Elishua, Elyada,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3