Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dawid en die prinse van die stamme het Heman en Y’dutun, die seuns van Azram, sy seun, afgesonder vir die diens van Asaf. Hierdie is die Leviete volgens die families van hulle vaders en hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aharon, in die teenwoordigheid van koning Dawid, Tzadok, Agimelekh en die hoofde van die huise van die vaders van die priesters en van die Leviete. Die jonger en ouer broers is gelyk gereken in getal en die getal werkers volgens hulle diens was,

2. van die seuns van Asaf: Sakkur, Yosef, N’tanyah en Asar’elah; die seuns van Asaf wat die koning onder Y’dutun geplaas het as sangers;

3. van die seuns van Y’dutun was G’dalyahu, Tzeri, Yesha’yahu, Hashavyahu, Mattityahu en Y’dutun, ses, onder leiding van hulle vader Y’dutun wat gesing het met die harp en dank gebring het aan יהוה;

4. van Heman, die seuns van Heman was Bukiyahu, Mattanyahu, `Uzi’el, Sh’vu’el, Yerimot, Hananyah, Hanani, Eli’atah, Giddalti en Romamti-`Ezer, Yoshb’kashah, Malloti, Hotir en Magzi’ot.

5. Hulle almal was die seuns van Heman, die profeet van die koning, in die woorde van God, om die horing op te lig en God het aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.

6. Hulle almal was onder leiding van hulle vader vir sang in die huis van יהוה, met simbale, instrumentale musiek en harpe, vir die diens in die huis van God volgens die koning se bevel aan Asaf, Y’dutun en Heman.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 25