Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:8-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Die seuns van La’dan was: die eersgeborene, Yegi’el, dan Zetam en Yo’el, drie.

9. Die seuns van Shim’i was: Shlomit, Hazi’el en Haran, drie; dit was die hoofde van die vaders van La’dan.

10. Die seuns van Shim’i was: Yagat, Zavdah, Ye’ush en B’ri’ah; dit was die vier seuns van Shim’i.

11. Yagat was die eersgeborene en Zavdah die tweede, maar Ye’ush en B’ri’ah het nie baie seuns gehad nie en is daarom in hulle vader se afdeling as een gesit.

12. Die seuns van K’hat was: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el, vier.

13. Die seuns van `Amram was Aharon en Moshe en Aharon is gekies om in die Mees Afgesonderde Plek te bedien, hy en sy seuns, vir ewig, om wierook voor יהוה te brand, Hom te bedien en om vir ewig in Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te seën.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23