Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:6-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Dawid het administrateurs en bestuurders oor die armes en behoeftiges aangestel om aan die armes te voorsien en uit te deel, een persoon oor elke tien en hulle het niks tekort gekom nie. Dawid het hulle aangestel volgens hulle afdelings, volgens die seuns van Levi: Gershon, K’hat en M’rari.

7. Van die Gershoniete: La’dan en Shim’i.

8. Die seuns van La’dan was: die eersgeborene, Yegi’el, dan Zetam en Yo’el, drie.

9. Die seuns van Shim’i was: Shlomit, Hazi’el en Haran, drie; dit was die hoofde van die vaders van La’dan.

10. Die seuns van Shim’i was: Yagat, Zavdah, Ye’ush en B’ri’ah; dit was die vier seuns van Shim’i.

11. Yagat was die eersgeborene en Zavdah die tweede, maar Ye’ush en B’ri’ah het nie baie seuns gehad nie en is daarom in hulle vader se afdeling as een gesit.

12. Die seuns van K’hat was: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el, vier.

13. Die seuns van `Amram was Aharon en Moshe en Aharon is gekies om in die Mees Afgesonderde Plek te bedien, hy en sy seuns, vir ewig, om wierook voor יהוה te brand, Hom te bedien en om vir ewig in Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te seën.

14. Moshe, die profeet van God, se seuns is by die stam van Levi genoem.

15. Die seuns van Moshe was Gershon en Eli’ezer.

16. Die seun van Gershon was Sh’vu’el, die eersgeborene.

17. Die seun van Eli’ezer was Regavyah, die eersgeborene en Eli’ezer het nie ander seuns gehad nie, maar die seuns van Regavyah was Rivvi, die eersgeborene.

18. Die seun van Yitz’har: Shlomit, die eersgeborene.

19. Die seuns van Hevron: Yeriyahu, die eersgeborene, Amaryah, die tweede, Yagzi’el, die derde en Y’kam’am, die vierde.

20. Die seuns van `Uzi’el: Mikhah, die eersgeborene en Yishiyah, die tweede.

21. Die seuns van M’rari: Magli en Mushi. Die seuns van Magli: El’azar en Kish.

22. El’azar het gesterf en geen seuns gehad nie, net dogters en die seuns van hulle oom, Kish, het hulle as vroue gevat.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23