Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die teëstander teen Yisra’el opgestaan en Dawid aangehits om Yisra’el te tel.2 Sh'm 24:1

2. Dawid het aan Yo’av, die seun van Tz’ruyah en die prinse van die volk gesê: “Gaan tel die mense van Yisra’el vanaf Be’er-Sh’va tot by Dan en kom terug na my dat ek die getal kan weet.”

3. Yo’av het vir koning Dawid gesê: “Mag יהוה Sy volk ’n honderd maal meer maak as wat hulle is en laat die oë van my meester, die koning, dit sien, want hulle is almal u diensknegte. Waarom verlang ons meester, die koning, hierdie ding?

4. Die woord van die koning het nogtans onveranderlik bly staan teenoor Yo’av, waarop Yo’av gegaan het deur die hele Yisra’el en teruggekom het na Yerushalayim.

5. Yo’av het die totaal van die aantal mense aan Dawid gegee en die totale seuns van Yisra’el was een miljoen, een honderd duisend voetsoldate wat die swaard uittrek en die stam van Y’hudah was vier honderd en sewentig duisend man wat die swaard uittrek.

6. Levi, die priesters en Binyamin het hy nie onder hulle getel nie, want die woord van die koning was vir Yo’av ’n gruwel en hy was onwillig om hulle te tel.

7. Hierdie saak was verkeerd in die oë van God omdat Dawid Yisra’el getel het.

8. Toe sê Dawid vir יהוה: “Ek het groot gesondig deurdat ek hierdie ding gedoen het, maar vat nou die skuld van u kneg weg, want ek het baie dwaas gedoen.”

9. Dawid het vroeg opgestaan in die oggend en die woord van יהוה het tot Gad, die profeet gekom en gesê:

10. “Gaan en praat met Dawid en sê: ‘So sê יהוה: Drie rampe bied Ek vir jou aan; kies vir jou een dat Ek dit aan jou kan doen.’”

11. Toe kom Gad by Dawid en sê vir hom: “So sê יהוה: ‘Kies vir jouself:

12. óf drie jaar lank hongersnood in die land, óf drie maande waarin jou vyande jou sal oorwin, jou agtervolg en oor jou heers, óf drie dae lank die swaard van יהוה in Yisra’el. Oorweeg nou watter antwoord jy aan Hom sal gee wat my na jou toe gestuur het.”

13. Daarop sê Dawid vir Gad: “Ek is in groot benoudheid; laat my in die hand van יהוה val, want sy liefdevolle omgee is baie groot, maar laat my nie in die hande van mense oorgegee word nie.”

14. יהוה het ’n pes oor Yisra’el gestuur en sewentig duisend man van Yisra’el is dood.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21