Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur na hierdie dinge dat Nagash, koning van die seuns van `Ammon, sterf en sy seun, Hanun, het in sy plek geheers.

2. Toe sê Dawid: “Ek sal guns bewys aan Hanun, die seun van Nagash, net soos sy vader aan my guns bewys het;” daarom het Dawid boodskappers gestuur om hom te troos oor sy vader. Dawid se diensknegte het in die land van die seuns van `Ammon, by Hanun, aangekom om hom te troos,

3. maar die prinse van die seuns van `Ammon het vir Hanun, hulle meester, gesê: “Dink u dat Dawid werklik u vader geëer het terwyl hy geleef het en waarlik troosters na u gestuur het? Dit is om op die stad te spioeneer en die ingange en uitgange te bestudeer dat Dawid sy diensknegte gestuur het.”

4. Hanun het die diensknegte van Dawid gevat en die helfte van hulle baard en kop afgeskeer en hulle klere in die helfte gesny tot by die sitvlak en hulle weggestuur.

5. Toe hulle Dawid vertel het, het hy manne gestuur om hulle te ontmoet, want die manne was baie skaam en die koning het vir hulle gesê: “Bly in Yerigo totdat julle baarde weer gegroei het en kom dan terug.

6. Toe die seuns van `Ammon sien dat hulle hul by Dawid se diensknegte gehaat gemaak het, het Hanun en die seuns van `Ammon ’n duisend talente silwer gestuur om vir hulle strydwaens en perderuiters uit Aram-Naharayim, Aram-Ma’akhah en uit Tzovah te huur.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19