Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 17:8-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. en Ek was by jou oral waar jy gegaan het en het jou vyande voor jou uitgeroei en Ek het van jou ’n groot naam gemaak, soos die naam van die groot manne wat op die aarde is.

9. Ek sal vir My volk Yisra’el ’n plek vasstel en hulle laat vestig en hulle sal in hul plek bly en nie weer beweeg word nie en die bose manne sal hulle ook nie weer gevange wegvat soos vroeër nie.

10. Vandat Ek jou oor My volk Yisra’el aangestel het, het Ek jou rus gegee van al jou vyande. Verder het יהוה aan jou verklaar dat die koninkryk vir ewig vasgestel is.

11. Dit sal gebeur wanneer jou dae volledig is en jy by jou vaders is, dat Ek jou nageslag sal opwek wat uit jou liggaam kom en hom in jou koninkryk bevestig.

12. Hy sal vir My Naam (Karakter en Outoriteit) ’n huis bou en Ek sal die troon van sy koninkryk vir ewig bevestig.

13. Ék sal sy Vader wees en hy sal My seun wees en Ek sal nie My liefdevolle omgee van hom af wegvat, soos ek dit van Sha’ul af weggevat het, wat voor jou was, nie,Heb 1:2-5

14. maar Ek sal hom ’n heerser maak in My huis en in My koninkryk vir ewig en sy troon sal vir ewig vasgestel word.”

15. Volgens al hierdie woorde en volgens hierdie visioen, so het Natan met Dawid gepraat.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 17