Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy het aan elkeen van Yisra’el, manne sowel as vroue, jong manne en klein kindertjies, ’n brood, ’n stuk vleis en ’n fyn witbrood uitgedeel. Toe het al die mense weggegaan, elkeen na sy eie huis.

4. Hy het sekere Leviete aangestel om te bedien voor die ark van יהוה en om יהוה, die God van Yisra’el, aan te roep, te dank en te lofprys:

5. Asaf, die hoof en Z’kharyah na hom en ook, Ye’i’el, Yegi’el, Mattityahu, Eli’av, B’nayah en `Oved-Edom; Ye’i’el met musiek en sang en Asaf met die simbale.

6. Hierdie is al die priesters wat voortdurend met trompette voor die ark van יהוה geblaas het.

7. Op daardie dag het Dawid hierdie gedig met instrumentale musiek gelewer, beide hy en die oudstes van die priesters en die Leviete, om יהוה te lofprys, in die teenwoordigheid van Asaf en sy broers. Hierdie is die samevatting van die liedere wat Dawid op daardie dag voor die ark van יהוה gesing het.

8. “Gee dank aan יהוה, roep Sy Naam (Karakter en Outoriteit) aan, maak Sy dade bekend onder die volke!

9. Sing tot Hom, gee dank aan Hom, vertel van al Sy wonderdade.

10. Roem in Sy afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam); laat die verstand, wil en emosie van dié wat יהוה soek, verheug wees.

11. Soek na יהוה en Sy sterkte; bid voortdurend voor Hom.

12. Onthou die wonderdade wat Hy gedoen het, Sy wonders en die regverdige oordele van Sy mond,

13. o julle, die nageslag van Avraham, Sy dienskneg, seuns van Yisra’el, Sy gekoses!

14. Hy is יהוה, ons God; Sy oordele is oor die hele aarde.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16