Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:29-38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Gee dank aan יהוה met die eer wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) toekom, bring offers en gee dank in Sy Teenwoordigheid met die gebed van jou mond; aanbid יהוה met afgesonderde liedere.

30. Bewe voor Hom, o ganse aarde! Ook die wêreld sal stabiel wees sodat dit nie beweeg word nie.

31. Laat die hemele bly wees en die aarde juig en laat die mens onder die volke sê: “יהוה heers!”

32. Laat die see en sy volheid brul, laat die velde juig en alles wat daarin is,

33. dan sal die bome van die woud lofprysing sing in die Teenwoordigheid van יהוה, want Hy kom om die aarde te oordeel. Hy sal die wêreld regverdig oordeel en die mense in getrouheid bestraf.

34. Gee dank aan יהוה, want Hy is goed, want Sy liefdevolle goedheid is tot in ewigheid.

35. Red ons, o יהוה, red ons en maak ons bymekaar, bring ons terug vanaf die nasies sodat ons dank kan bring aan U afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam) en ons kan roem in U lofprysinge!

36. Geseënd is יהוה, die God van Yisra’el, vir ewig en ewig! Dan sal al die mense sê: ‘Dit is waar!’ Laat hulle almal יהוה loof met ’n aangename en suiwer mond.”

37. Hy het vir Asaf en sy broers daar voor die ark van die verbond van יהוה laat staan om voortdurend in die Teenwoordigheid van יהוה te bedien, elkeen op sy bepaalde tyd,

38. asook vir `Oved-Edom met sy broers, agt en sestig en `Oved-Edom, die seun van Y’dutun en Hosah was wagters van die buitenste poorte

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16