Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:20-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,

21. het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil

22. en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”

23. Sing tot יהוה, o ganse aarde! Wys Sy verlossing van dag tot dag.

24. Verkondig Sy lof en eer onder die nasies,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16