Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:18-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. deur te sê: “Ek sal aan jou die land Kena’an gee, die bepaalde deel van jou erfporsie.

19. Toe julle maar min was, min in getal en vreemdelinge daarin

20. en toe julle gevange weggevoer is van nasie tot nasie en van een koninkryk na ’n ander,

21. het Hy nie die heersers toegelaat om julle skade aan te doen nie, ja, hy het konings gestraf om julle ontwil

22. en gesê: “Raak nie aan My gesalfdes en doen My profete geen kwaad nie.”

23. Sing tot יהוה, o ganse aarde! Wys Sy verlossing van dag tot dag.

24. Verkondig Sy lof en eer onder die nasies,

25. want יהוה is groot en moet in ’n hoë mate geloof word en Hy moet bo al die konings respekvol gevrees word,

26. want al die afgode van die volke is beelde, maar יהוה het die hemele gemaak.

27. Lof, eer en majesteit is in Sy Teenwoordigheid; krag en grootheid is in Sy Afgesonderde Plek.

28. Gee dank aan יהוה, o families van die volke, gee dank aan יהוה weens Sy eer en sterkte.

29. Gee dank aan יהוה met die eer wat Sy Naam (Karakter en Outoriteit) toekom, bring offers en gee dank in Sy Teenwoordigheid met die gebed van jou mond; aanbid יהוה met afgesonderde liedere.

30. Bewe voor Hom, o ganse aarde! Ook die wêreld sal stabiel wees sodat dit nie beweeg word nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16