Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 10:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die F’lishtyne het teen Yisra’el geveg en die manne van Yisra’el het voor die F’lishtyne weggevlug en baie is doodgeslaan op die Gilboa gebergte.

2. Die F’lishtyne het Sha’ul en sy seuns ingehaal en die F’lishtyne het vir Y’honatan, Avinadav en Malkishua, die seuns van Sha’ul, doodgemaak.

3. Die geveg het teen Sha’ul gedraai en die bekwame boogskutters het hom gevind en toe Sha’ul hulle sien, was hy baie bang vir hulle.

4. Toe het Sha’ul vir sy wapendraer gesê: “Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee, voordat hierdie onbesnedenes kom en my doodmaak en martel.” Sy wapendraer wou nie omdat hy baie bang was; daarom het Sha’ul sy eie swaard gevat en daarin geval.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 10