Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:44-57 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

44. Wanneer U volk uitgaan om oorlog te maak teen hulle vyand, op watter pad U hulle ook al stuur en hulle bid tot יהוה in die rigting van die stad wat U verkies het en die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het,

45. hoor dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking en bevestig hulle doel.

46. Wanneer hulle teen U sondig, want daar is geen mens wat nie sondig nie en U kwaad is vir hulle, hulle aan ’n vyand oorgee sodat hulle hul gevange wegvoer na die land van die vyand, ver of naby,

47. as hulle daaroor dink in die land waarheen hulle gevange geneem is en hulle erken en omdraai en U smeek in die land van die wat hulle gevange geneem het en sê: ‘Ons het gesondig en oortree, ons het boos opgetree,’

48. as hulle na U toe terugdraai met hul hele gees en met hul hele verstand, wil en emosie, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het en hulle bid tot U volgens die godsdiens van hul eie land wat U aan hulle vaders gegee het, die stad wat U gekies het en die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het;

49. hoor dan in die hemel, U blyplek, hulle gebed en smeking en bevestig hulle doel

50. en vergewe U volk wat teen U gesondig het en al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het en laat hulle ontvangers van omgee word voor die wat hulle weggevoer het dat dié aan hulle omgee kan bewys,

51. want hulle is U volk en u erfenis wat U uit Mitzrayim uitgebring het, uit die midde van die ystersmeltoond

52. sodat U oë oop kan wees vir die smeking van U dienskneg en vir die smeking van U volk Yisra’el, om na hulle te luister wanneer hulle ook al tot U roep,

53. want U het hulle vir U as erfenis afgesonder van al die volke van die aarde, soos U deur U kneg, Moshe, gepraat het toe U, Meester-יהוה, ons vaders uit Mitzrayim uitgebring het.”

54. Toe Shlomo klaar hierdie hele gebed en smeking gebid het tot יהוה, knielend met sy hande na die hemel uitgesprei, het hy van voor die altaar van יהוה af opgestaan

55. en hy het gestaan en die hele vergadering van Yisra’el hardop geseën en gesê:

56. “Praat goed van יהוה, wat aan Sy volk Yisra’el rus gegee het volgens alles wat Hy belowe het; nie een woord van al Sy goeie beloftes wat Hy deur Sy dienskneg Moshe belowe het, het onvervuld gebly nie.

57. Mag יהוה, ons God, by ons wees soos Hy by ons vaders was; mag Hy ons nie verlaat of ons verwerp nie

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8