Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:42-50 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. want hulle sal hoor van U groot Naam (Karakter en Outoriteit), U magtige hand en U uitgestrekte arm; wanneer hy voor U sal kom en bid in hierdie huis,

43. hoor dan in die hemel, U blyplek en doen volgens alles waaroor die vreemdeling na U toe uitroep sodat al die volke van die aarde ’n verbondsverhouding met U Naam (Karakter en Outoriteit) mag hê, om U respekvol te vrees, net soos U volk Yisra’el en dat hulle mag weet dat hierdie huis wat ek gebou het, by U Naam (Karakter en Outoriteit) genoem word.

44. Wanneer U volk uitgaan om oorlog te maak teen hulle vyand, op watter pad U hulle ook al stuur en hulle bid tot יהוה in die rigting van die stad wat U verkies het en die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het,

45. hoor dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking en bevestig hulle doel.

46. Wanneer hulle teen U sondig, want daar is geen mens wat nie sondig nie en U kwaad is vir hulle, hulle aan ’n vyand oorgee sodat hulle hul gevange wegvoer na die land van die vyand, ver of naby,

47. as hulle daaroor dink in die land waarheen hulle gevange geneem is en hulle erken en omdraai en U smeek in die land van die wat hulle gevange geneem het en sê: ‘Ons het gesondig en oortree, ons het boos opgetree,’

48. as hulle na U toe terugdraai met hul hele gees en met hul hele verstand, wil en emosie, in die land van hul vyande wat hulle weggevoer het en hulle bid tot U volgens die godsdiens van hul eie land wat U aan hulle vaders gegee het, die stad wat U gekies het en die huis wat ek vir U Naam (Karakter en Outoriteit) gebou het;

49. hoor dan in die hemel, U blyplek, hulle gebed en smeking en bevestig hulle doel

50. en vergewe U volk wat teen U gesondig het en al hulle oortredinge wat hulle teen U begaan het en laat hulle ontvangers van omgee word voor die wat hulle weggevoer het dat dié aan hulle omgee kan bewys,

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8