Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 8:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Hy het gesê: “Praat goed van יהוה, die God van Yisra’el, wat met Sy mond met my vader Dawid gepraat het en dit met Sy hand volbring en gesê het:

16. ‘Van die dag af dat Ek My volk Yisra’el van Mitzrayim af gebring het, het Ek nie ’n stad gekies uit al die stamme van Yisra’el om ’n huis in te bou sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) daar sou wees nie, maar Ek het vir Dawid gekies om oor My volk Yisra’el te wees.’

17. Dit was in die verstand, wil en emosie van my vader, Dawid, om ’n huis te bou vir die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, die God van Yisra’el,

18. maar יהוה het vir my vader, Dawid, gesê: ‘Omdat dit in jou verstand, wil en emosie was om vir My Karakter en Outoriteit (Naam) ’n huis te bou, het jy goed gedoen deurdat dit in jou verstand, wil en emosie was.

19. Nogtans sal jy nie die huis bou nie, maar jou seun wat vir jou gebore sal word, hy sal vir My Karakter en Outoriteit (Naam) die huis bou.’

20. Nou het יהוה Sy Woord vervul wat Hy gesê het, want ek het opgestaan in die plek van my vader, Dawid en ek sit op die troon van Yisra’el soos יהוה belowe het en ek het die huis gebou vir die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה, die God van Yisra’el.

21. Daar het ek ’n plek gemaak vir die ark, waarin die verbond van יהוה is, wat Hy met ons vaders gesluit het toe Hy hulle uit die land van Mitzrayim uitgebring het.”

22. Toe het Shlomo voor die altaar van יהוה gaan staan, voor die hele vergadering van Yisra’el en sy hande uitgesprei na die hemel

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 8