Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 7:3-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Dit was met sederhout gedek van bo, op balke wat rus op die vyf en veertig pilare, vyftien in elke ry.

4. Daar was drie rye kunstige vensters en venster was oorkant venster in drie rye.

5. Al die deure en openinge het vierkantige uitgekerfde deurrame gehad en elke deur was oorkant ’n deur in drie rye.

6. Toe het hy die Saal van Pilare gemaak; sy lengte was vyftig el en sy breedte dertig el, met ’n portaal daarvoor en pilare en ’n ingang voor hulle.

7. Hy het die troonsaal gemaak waar hy sou regspraak gee, die regsaal en dit was gedek met sederhout vanaf die vloer tot by die plafon.

8. Sy huis waar hy sou woon, die buitehof, aan die binnekant van die saal, was van dieselfde vakmanskap. Hy het ook so ’n huis gemaak vir die dogter van Farao, waarmee Shlomo getroud is.

9. Dit was alles van kosbare klippe, wat volgens maat gekap is, binne en buite met sae gesaag, vanaf die fondament tot by die muurplate en net so aan die buitekant, tot by die groot hof.

10. Die fondasie was van kosbare klippe, groot klippe, klippe van tien el en klippe van agt el.

11. Bo was kosbare klippe, volgens maat gekap en sederhout.

12. Die groot hof was rondom van drie rye gekapte klip en ’n laag sederbalke, net soos die binnehof van die huis van יהוה en die portaal van die huis.2 Kro 2:13,14

13. Koning Shlomo het gestuur en Hiram uit Tzor gebring.

14. Hy was die seun van ’n weduwee uit die stam van Naftali en sy vader was ’n man van Tzor, ’n kopersmid en hy was vol wysheid, begrip en bekwaamheid om enige werk in koper te maak. Hy het by koning Shlomo gekom en al sy werk gedoen.

15. Hy het die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van een pilaar en ’n lyn van twaalf el kon die omtrek van beide meet.

16. Hy het ook twee pilaarkoppe gemaak van gegote koper om op die toppe van die pilare te sit; vyf el was die hoogte van die een pilaarkop en vyf el was die hoogte van die ander pilaarkop.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 7