Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:22-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. Shlomo se voorsiening vir een dag was dertig mates (6600 liter) fyn meel en sestig mates (13200 liter) meel;

23. tien vetgemaakte beeste, twintig veldbeeste, ’n honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke, gaselle, reebokke en vetgemaakte pluimvee,

24. want hy het outoriteit gehad oor alles wes van die Rivier, vanaf Tifsag tot by Gazah, oor al die konings wes van die Rivier en hy het vrede gehad aan alle kante rondom hom.Lev 26:5

25. Y’hudah en Yisra’el het in veiligheid gebly, elke man onder sy wingerdstok en sy vyeboom, van Dan tot by Be’er-Sh’va, al die dae van Shlomo.

26. Shlomo het veertig duisend stalle met perde gehad vir sy strydwaens en twaalf duisend perderuiters.

27. Daardie bestuurders het elkeen in sy maand vir koning Shlomo voorsien en almal wat na koning Shlomo se tafel toe kom; hulle het niks laat kortkom nie.

28. Hulle het ook die gars, die strooi vir die perde en die renperde gebring na die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy kwota.

29. God het aan Shlomo wysheid gegee, ’n baie groot onderskeiding en ’n breedte van insig soos die sand wat op die seestrand is.

30. Shlomo se wysheid was meer as die wysheid van al die seuns van die Ooste en as al die wysheid van Mitzrayim,

31. want hy was wyser as al die mense, as Eitan, die Ezragiet, Heiman, Kalkol en Darda, die seuns van Magol en sy beroemdheid was bekend onder al die nasies rondom.

32. Hy het ook drie duisend spreuke uitgespreek en sy liedere was ’n duisend en vyf.

33. Hy het van bome gepraat, van die seder wat in die L’vanon is tot by die hisop wat teen die muur groei; hy het ook gepraat van diere, voëls, kruipende diere en visse.

34. Mense van al die volke het gekom om na die wysheid van Shlomo te luister, vanaf al die konings van die aarde wat van sy wysheid gehoor het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4