Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 4:10-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Ben-Hesed in Arubbot, Sokhoh en die hele land Hefer was syne;

11. Ben-Avinadav, al die hoogtes van Dor; Tafat, die dogter van Shlomo, was sy vrou.

12. Ba’ana, die seun van Agilud: Ta’anakh, Megiddo en die hele Beit-Sh’an wat langs Tzartan, onderkant Yizre’el lê, van Beit-Sh’an af tot by Avel-M’golah, so ver as tot by die anderkant van Yokme’am.

13. Ben-Gever in Ramot-Gil’ad; die dorpe van Ya’ir, die seun van M’nasheh, wat in Gil’ad lê was syne; die streek Argov, wat in Bashan lê; sestig groot stede met mure en koper grendels, was syne.

14. Aginadav, die seun van `Iddo, in Maganayim.

15. Agima’atz in Naftali; hy het ook met Basmat, dogter van Shlomo, getrou.

16. Ba’ana, die seun van Hushai, in Asher en B’alot;

17. Y’hoshafat, die seun van Paruag, in Yissakhar;

18. Shim’i, die seun van Ela, in Binyamin;

19. Gever, die seun van Uri, in die land Gil’ad, die land van Sigon, die koning van die Emoriete en van `Og, die koning van Bashan; hy was die enigste bestuurder in die land.

20. Y’hudah en Yisra’el was so talryk soos die sand wat aan die seestrand in oorvloed is; hulle het geëet en gedrink en hulle verheug.

21. Shlomo het geheers oor al die koninkryke vanaf die Rivier (Eufraat) tot by die land van die F’lishtyne en tot by die grens van Mitzrayim; hulle het belasting gebring en Shlomo gedien al die dae van sy lewe.

22. Shlomo se voorsiening vir een dag was dertig mates (6600 liter) fyn meel en sestig mates (13200 liter) meel;

23. tien vetgemaakte beeste, twintig veldbeeste, ’n honderd stuks kleinvee, behalwe die takbokke, gaselle, reebokke en vetgemaakte pluimvee,

24. want hy het outoriteit gehad oor alles wes van die Rivier, vanaf Tifsag tot by Gazah, oor al die konings wes van die Rivier en hy het vrede gehad aan alle kante rondom hom.Lev 26:5

25. Y’hudah en Yisra’el het in veiligheid gebly, elke man onder sy wingerdstok en sy vyeboom, van Dan tot by Be’er-Sh’va, al die dae van Shlomo.

26. Shlomo het veertig duisend stalle met perde gehad vir sy strydwaens en twaalf duisend perderuiters.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 4