Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 3:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Shlomo het ’n huweliks ooreenkoms met Farao, die koning van Mitzrayim, gesluit en die dogter van Farao gevat en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy eie huis, die huis van יהוה en die muur van Yerushalayim rondom klaar was.

2. Die mense het steeds op die hoë plekke geoffer omdat tot en met daardie dae daar geen huis vir die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה gebou was nie.

3. Shlomo het יהוה liefgehad en geloop in die instellings van sy vader Dawid, behalwe dat hy op die hoogtes geoffer en wierook laat opgaan het.2 Kro 1:3; 2 Kro 5:2-5

4. Die koning het na Giv’on gegaan om daar te offer omdat dit die grootste hoë plek was; Shlomo het ’n duisend brandoffers op daardie altaar geoffer.

5. In Giv’on het יהוה in ’n droom in die nag aan Shlomo verskyn en God het gesê: “Vra wat Ek aan jou moet gee.”

6. Toe sê Shlomo: “U het aan u kneg, my vader Dawid, baie liefdevolle omgee gewys, soos wat hy voor U Teenwoordigheid geloop het in waarheid, in onpartydige opregtheid en in opregtheid van verstand, wil en emosie teenoor U en U het vir hom hierdie groot liefdevolle omgee bewaar dat U vir hom ’n seun gegee het om op sy troon te sit, soos dit vandag is.

7. Nou, יהוה, my God, U het U kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog ’n jong seun; ek weet nie hoe om uit of in te gaan nie.

8. U kneg is tussen U volk wat U gekies het, ’n groot volk wat te veel is om getel of genommer te kan word.

9. Gee vir U dienskneg ’n begripvolle verstand, wil en emosie om U volk te oordeel; om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie is in staat om hierdie groot volk van U te regeer?”

10. Dit was goed in die oë van יהוה dat Shlomo dit gevra het.

11. God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie gevra het en nie vir jouself ’n lang lewe gevra het nie en ook nie rykdom vir jouself gevra het nie en ook nie die lewe van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeiding gevra het om wat reg is te verstaan,

12. let op, Ek het volgens jou woorde gedoen. Let op, Ek het vir jou ’n wyse en onderskeidende verstand, wil en emosie gegee sodat daar geen een soos jy vóór jou was en een soos jy ná jou sal opstaan nie.

13. Ek het ook vir jou gegee wat jy nie gevra het nie, beide rykdom en eer sodat daar onder die konings niemand soos jy sal wees nie, al jou dae.

14. As jy in My paaie loop, My wette en opdragte onderhou, soos jou vader Dawid geloop het, dan sal Ek jou dae verleng.”

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 3