Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 19:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ag’av het vir Izevel alles vertel wat Eliyahu gedoen het en hoe hy al die profete met die swaard doodgemaak het.

2. Toe stuur Izevel ’n boodskapper na Eliyahu en sê: “Mag die gode so met my doen en selfs meer, as ek nie jou lewe teen môre omtrent hierdie tyd maak soos die lewe van een van hulle, nie.”

3. Hy was bang en het opgestaan en vir sy lewe gehardloop en by Be’er-Sh’va, wat aan Y’hudah behoort, gekom en sy dienskneg daar gelos.

4. Hyself het egter ’n dagreis ver die wildernis ingegaan en daar onder ’n jeneverbos gaan sit en gewens dat hy mag sterf en hy het gesê: “Dit is genoeg; יהוה, vat nou my lewe, want ek is nie beter as my vaders nie.”

5. Hy het gaan lê en slaap onder ’n jeneverbos en let op, daar was ’n engel wat hom aangeraak het en vir hom sê: “Staan op, eet!”

6. Toe hy kyk, let op, was daar ’n broodkoek, op warm klippe gebak en ’n kruik water by sy kop. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

7. Die engel van יהוה het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: “Staan op, eet, want die pad is te veel vir jou.”

8. Hy het opgestaan, geëet en gedrink en deur die krag van daardie kos veertig dae en veertig nagte lank gereis tot by Horev, die berg van God.

9. Toe kom hy daar by ’n grot en het daar gebly en let op, die woord van יהוה het tot hom gekom en vir hom gesê: “Wat maak jy hier, Eliyahu?”

10. Hy antwoord: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”

11. Hy sê: “Gaan en staan op die berg voor die Teenwoordigheid van יהוה.” Let op, יהוה het verbygegaan. ’n Groot en sterk wind het die berge geskeur en die rotse in stukke gebreek voor יהוה; יהוה was nie in die wind nie; ná die wind, ’n aardbewing; יהוה was nie in die aardbewing nie;

12. ná die aardbewing, ’n vuur; יהוה was nie in die vuur nie; ná die vuur, die klank van ’n sagte gewaai.

13. Toe Eliyahu dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die grot gaan staan. Let op, daar kom ’n stem na hom toe wat sê: “Wat maak jy hier, Eliyahu?”

14. Toe antwoord hy: “Ek was baie ywerig vir יהוה, die God van die leërskare, want die seuns van Yisra’el het U verbond verlaat, U altare afgebreek en U profete met die swaard doodgemaak en ek alleen is oor en hulle soek my lewe om dit weg te vat.”2 Kon 8:10-13

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 19