Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 15:21-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Toe Ba’sha dit hoor, het hy opgehou om Ramah te versterk en in Tirtzah gebly.

22. Toe maak koning Asa ’n aankondiging in die hele Y’hudah, niemand was vrygestel nie en hulle het die klippe en hout van Ramah, waarmee Ba’sha gebou het, weggedra. Koning Asa het Geva in Binyamin en Mitzpah daarmee gebou.

23. Die res van al die dade van Asa en al sy mag en alles wat hy gedoen het en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie? In die tyd van sy ouderdom was hy siek aan sy voete.

24. Asa is neergelê by sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader, Dawid en Y’hoshafat sy seun het in sy plek geheers.

25. Nadav, die seun van Yarov’am, het koning geword oor Yisra’el in die tweede jaar van Asa, koning van Y’hudah en hy het twee jaar oor Yisra’el regeer.

26. Hy het boos gedoen in die oë van יהוה en gewandel in die pad van sy vader en in sy sonde waarmee hy Yisra’el laat sondig het.

27. Toe het Ba’sha, die seun van Agiyah, van die huis van Yissakhar, saamgesweer teen hom en Ba’sha het hom verslaan by Gibb’ton wat aan die F’lishtyne behoort terwyl Nadav en die hele Yisra’el besig was om Gibb’ton te beleër.

28. So het Ba’sha hom doodgemaak in die derde jaar van Asa, koning van Y’hudah en in sy plek geheers.

29. Dit het gebeur dat, sodra hy koning geword het, hy die hele huis van Yarov’am doodgemaak het. Hy het vir Yarov’am geen persoon laat oorbly nie totdat hy almal vernietig het, volgens die woord van יהוה wat Hy gepraat het deur sy dienskneg Agiyah, van Shiloh,

30. vanweë die sondes van Yarov’am wat hy gedoen en waarmee hy Yisra’el laat sondig het, deur sy uittarting waarmee hy יהוה, die God van Yisra’el, uitgetart het tot woede.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 15