Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 14:21-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Regav’am, die seun van Shlomo, het geheers in Y’hudah; Regav’am was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sewentien jaar in Yerushalayim regeer, die stad wat יהוה gekies het uit al die stamme van Yisra’el om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig en die naam van sy moeder was Na’amah, die `Ammoniet.

22. Y’hudah het boos gedoen in die oë van יהוה en Hom uitgetart tot jaloesie, meer as alles wat hulle vaders gedoen het, deur die sondes wat hulle gedoen het,

23. want hulle het ook vir hulle hoë plekke, pilare en Asherah beelde op elke hoë heuwel en onder elke groen boom gebou.

24. Daar was ook manlike kultusprostitute in die land. Hulle het gedoen volgens al die verfoeilikhede van die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el onteien het.Deut 28:25

25. Dit het in die vyfde jaar van koning Regav’am gebeur dat Shishak, die koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het.

26. Hy het die skatte van die huis van יהוה weggevat en die skatte van die huis van die koning en hy het alles gevat, selfs al die goue skilde wat Shlomo gemaak het.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 14