Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 10:12-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die koning het ondersteunings vir die huis van יהוה en vir die huis van die koning, asook liere en harpe vir die sangers van die sandelhout (almug) gemaak; sulke sandelbome het nie weer ingekom of is gesien tot vandag toe nie.

13. Koning Shlomo het vir die koningin van Sh’va aan al haar begeertes, wat sy gevra het, voldoen; bo en behalwe wat hy vir haar gegee het volgens sy koninklike vrygewigheid. Toe het sy omgedraai en na haar eie land gegaan saam met haar bediendes.

14. Die gewig van goud wat in een jaar vir Shlomo ingekom het, was ses honderd ses en sestig talente goud, (ongeveer 23 metrieke ton)

15. behalwe wat ingekom het van die handelaars wat rondtrek en van die wins van die verkopers en van al die konings van die Arabiere en van die goewerneurs van die land.

16. Koning Shlomo het twee honderd groot skilde van suiwer goud gemaak; hy het ses honderd sikkels (6,8kg) goud op elke groot skild gebruik

17. en drie honderd skilde van suiwer goud met drie minahs (1,7kg) goud op elke skild en die koning het dit in die huis van die L’vanon-woud gesit.

18. Verder het die koning ’n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 10