Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 1:32-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

32. Toe het koning Dawid gesê: “Roep vir my Tzadok, die priester, Natan, die profeet en B’nayah, die seun van Y’hoyada.” Hulle het in die koning se teenwoordigheid gekom.

33. Die koning het vir hulle gesê: “Vat die diensknegte van julle meester saam met julle en laat my seun Shlomo op my eie muil ry en bring hom af na Gigon toe.

34. Laat Tzadok, die priester en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Yisra’el salf en blaas die ramshoring en sê: ‘Koning Shlomo lewe!’

35. Dan moet julle agter hom aankom en hy moet kom en op my troon sit en koning wees in my plek, want ek het hom aangestel om heerser te wees, oor Yisra’el en Y’hudah.”

36. B’nayah, die seun van Y’hoyada, antwoord die koning en sê: “Dit is waar! Mag יהוה, die God van my meester, die koning, so sê.

37. Soos יהוה met my meester die koning was, mag Hy so met Shlomo wees en sy troon groter maak as die troon van my meester, koning Dawid!”

38. Tzadok, die priester, Natan, die profeet, B’nayah, die seun van Y’hoyada, die persoonlike wagte en die boodskappers, het afgegaan en Shlomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gigon gebring.

39. Tzadok, die priester, het toe die horing met olie uit die tent gevat en Shlomo gesalf. Toe het hulle die ramshoring geblaas en die hele volk het gesê: “Koning Shlomo leef!”

40. Al die mense het agter hom aan opgegaan en die mense het op fluite gespeel en hulle verheug met groot blydskap sodat die aarde geskud het van hulle geraas.

41. Adoniyah en al die gaste wat by hom was, het dit gehoor toe hulle net klaar geëet het. Toe Yo’av die geluid van die ramshoring hoor, het hy gesê: “Hoekom is daar so ’n oproerigheid in die stad?”

42. Terwyl hy nog praat, let op, kom Y’honatan, die seun van Evyatar, die priester, daar aan. Toe sê Adoniyah: “Kom in, want jy is ’n dapper man en bring goeie nuus.”

43. Y’honatan antwoord Adoniyah egter en sê: “Nee! Ons meester, koning Dawid, het Shlomo koning gemaak!

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 1