Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 1:18-36 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Nou, let op, Adoniyah is koning en nou, my meester die koning, u het dit nie geweet nie.

19. Hy het beeste, vetgemaakte vee en kleinvee in oorvloed geoffer en al die seuns van die koning, Evyatar, die priester en Yo’av, die bevelvoerder van die leër, genooi, maar hy het nie vir Shlomo, u dienskneg, genooi nie.

20. Wat ú betref, my meester, die koning, die oë van die hele Yisra’el is op u om vir hulle te vertel wie op die troon van my meester, die koning, ná hom sal sit.

21. Anders sal dit gebeur, sodra my meester die koning by sy vaders neergelê word dat ek en my seun Shlomo as oortreders beskou sal word.”

22. Let op, terwyl sy nog met die koning praat, kom Natan, die profeet, in.

23. Hulle het dit vir die koning vertel en gesê: “Natan, die profeet, is hier.” Toe hy voor die koning kom, het hy voor die koning met sy gesig op die grond gaan lê.

24. Toe sê Natan: “My meester die koning, het ú gesê: ‘Adoniyah sal ná my koning wees en hy sal op my troon sit,’

25. want hy het vandag afgegaan en beeste, vetgemaakte vee en kleinvee in oorvloed geslag en al die seuns van die koning, die bevelvoerders van die leër en vir Evyatar, die priester, genooi en let op, hulle eet en drink voor hom en sê: ‘Mag koning Adoniyah lewe!’

26. Vir my, u dienskneg, Tzadok, die priester, B’nayah, die seun van Y’hoyada en Shlomo, u dienskneg, het hy egter nie genooi nie.

27. Is hierdie saak deur my meester die koning gedoen en u het nie vir u diensknegte gewys wie op die troon van my meester die koning ná hom sal sit nie?”

28. Toe het koning Dawid gesê: “Roep Bat-Sh’va na my toe!” Sy het in die teenwoordigheid van die koning gekom en voor die koning gaan staan.

29. Toe sweer die koning en sê: “Soos יהוה leef wat my uit alle benoudheid verlos het,

30. sekerlik, soos ek vir u by יהוה, die God van Yisra’el, gesweer en gesê het dat u seun Shlomo ná my koning sal wees en dat hy op my troon sal sit in my plek, sal ek sekerlik vandag doen.”

31. Toe het Bat-Sh’va met haar gesig na die grond toe neergebuig en voor die koning neergeval en gesê: “Mag my meester, koning Dawid, vir ewig leef!”

32. Toe het koning Dawid gesê: “Roep vir my Tzadok, die priester, Natan, die profeet en B’nayah, die seun van Y’hoyada.” Hulle het in die koning se teenwoordigheid gekom.

33. Die koning het vir hulle gesê: “Vat die diensknegte van julle meester saam met julle en laat my seun Shlomo op my eie muil ry en bring hom af na Gigon toe.

34. Laat Tzadok, die priester en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Yisra’el salf en blaas die ramshoring en sê: ‘Koning Shlomo lewe!’

35. Dan moet julle agter hom aankom en hy moet kom en op my troon sit en koning wees in my plek, want ek het hom aangestel om heerser te wees, oor Yisra’el en Y’hudah.”

36. B’nayah, die seun van Y’hoyada, antwoord die koning en sê: “Dit is waar! Mag יהוה, die God van my meester, die koning, so sê.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 1