Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 9:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Terwyl Hy verbygaan, sien Hy ’n man wat van sy geboorte af blind is.

2. Sy studentevolgelinge vra vir Hom en sê: “Leermeester, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?”

3. Yeshua antwoord: “Nie hy of sy ouers het gesondig nie, maar sodat dit wat God doen, in hom openbaar kan word.

4. Vir My is dit gepas om die werk te doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer ’n mens nie kan werk nie.

5. So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die Lig van die wêreld.”

6. Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond, maak klei van die spoeg en smeer die klei aan die oë van die blinde man

7. en Hy sê vir hom: “Gaan was jou in die doopbad van Shiloag.” Hy het gegaan, hom gewas en siende teruggekom.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 9