Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 8:36-46 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

36. As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37. Ek weet dat julle die nageslag van Avraham is, maar julle beplan om My dood te maak omdat julle My boodskap nie begryp nie.

38. Ek praat van wat Ek by Mý Vader gesien het; julle doen wat julle by júlle vader gesien het.”

39. Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Avraham.” Yeshua sê vir hulle: “As julle die kinders van Avraham was, sou julle doen wat Avraham gedoen het,

40. maar nou, let op, julle beplan om My dood te maak. Dit is Ek wat aan julle die waarheid vertel, wat Ek van God gehoor het. Dit het Avraham nie gedoen nie,

41. maar julle doen die dade van julle vader.” Hierop sê hulle vir Hom: “Ons is nie uit seksuele immoraliteit gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.”

42. Yeshua sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af uitgegaan, want Ek het ook nie uit My eie plesier gekom nie, maar Hy het My gestuur.

43. Waarom verstaan julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle nie My boodskap kan hoor nie.

44. Julle is van julle vader, die teëstander, en julle begeer om julle vader se wil te doen. Hy is ’n moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy lieg, praat hy uit wat syne is, want hy is vanuit valsheid en die vader daarvan,

45. maar julle vertrou nie in My nie, Ek, wat die waarheid praat.

46. Wie van julle kan My oortuig van sonde? As Ek die waarheid praat, waarom vertrou julle My nie?

Lees volledige hoofstuk Yoganan 8