Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 8:12-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Yeshua het weer met hulle gepraat en gesê: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Lig

13. Die Fariseërs het vir Hom gesê: “U getuig van Uself, U getuienis is nie waar nie.”

14. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Al getuig Ek ook van Myself, My getuienis is waar omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan, maar julle weet nie van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan nie.

15. Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie

16. en al oordeel Ek, My oordeel is waar omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek, saam met die Vader wat My gestuur hetDeut 19:15 dat die getuienis van twee mense waar is.

17. en dit is ook in julle wet geskrywe,

18. אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees. Ek, wat van Myself getuig en My Vader, wat My gestuur het, het van My getuig.”

19. Hulle vra vir Hom: “Waar is U Vader?” Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle ken My nie en ook nie My Vader nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het.”

20. Hierdie dinge het Yeshua in die skatkamer gesê terwyl Hy in die tempel geleer het en niemand het Hom gevang nie omdat Sy tyd nog nie gekom het nie.

21. Yeshua het weer met hulle gepraat: “Ek beweeg aan en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.”

22. Die Jode het gevra: “Sal Hy Homself nou doodmaak?” want Hy het gesê: “Waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie?”

23. Hy sê vir hulle: “Julle is van benede, Ek is van bo. Julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie.Eks 3:14 nie, sal julle in jul sondes sterf.”

24. Ek het vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterf, want as julle nie vertrou אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees

Lees volledige hoofstuk Yoganan 8