Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 7:37-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

37. Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en verklaar: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!Yes 44:3; Yes 55:1; Yes 58:11; Yir 17:13; Yog 4:10-14

38. Elkeen wat in My vertrou, soos die Skrif sê: ‘Riviere van lewende water sal uit sy binneste vloei’.”

39. Dit het Hy gesê van die Gees, waarvoor dié wat in Hom vertrou, voorberei word om Hom te ontvang, want die Gees was nog nie gegee nie omdat Yeshua nog nie opgelig en vereer is nie.

40. Baie van die mense wat Sy woorde gehoor het, het gesê: “Hy is waarlik die profeet.”

Lees volledige hoofstuk Yoganan 7