Ou Testament

Nuwe Testament

Yoganan 6:30-43 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen U sodat ons kan sien en U vertrou? Watter teken sal U doen?Ps 78:24; Neg 9:15

31. Ons vaders het ‘man hu’ in die wildernis geëet, soos geskrywe is: ‘Hy het vir hulle brood uit die hemel gegee om te eet.’”Eks 16:4,15; Num 11:7,8; Ps 105:40

32. Yeshua sê vir hulle: “Dit is ’n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: dit is nie Moshe wat die brood uit die hemel uit vir julle gegee het nie, maar My Vader gee vir julle die Brood van Waarheid vanuit die hemel,

33. want die Brood van God, is Hy wat vanuit die hemel afgekom het en aan die wêreld die lewe gee.”

34. Hulle antwoord Hom: “Ons Meester, gee altyd vir ons hierdie Brood.”

35. Yeshua sê vir hulle: “ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Brood van Lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger wees nie en wie in My vertrou, sal nooit dors wees nie, tot in ewigheid,

36. maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het en julle vertrou nie.

37. Almal wat die Vader vir My gegee het, sal na My toe kom en Ek sal hom wat na My toe kom, nie wegwys nie,

38. want Ek het uit die hemel afgekom, nie om My wil te doen nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.

39. Dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat Ek niemand, wat Hy My gegee het, sal vernietig nie, maar Ek hom sal opwek in die laaste dag.

40. Dit is die wil van My Vader: dat elkeen wat die Seun sien en in Hom vertrou, die ewige lewe sal hê en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”

41. Die Jode het oor Hom gemurmureer omdat Hy gesê het: ‘ אנא אנא - Ek is, was, sal wees Wie Ek is, was, sal wees, die Brood wat vanuit die hemel afgekom het.’

42. Hulle het gesê: “Is Hy nie Yeshua, die seun van Yosef, Wie se vader en moeder ons ken nie? Hoe kan Hy dan sê: ‘Ek het vanuit die hemel afgekom?’”

43. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Moenie onder mekaar murmureer nie.

Lees volledige hoofstuk Yoganan 6